Huis Silversig

SAVF Huis Silversig is op 13 September 1980 gestig as ‘n Tehuis vir Verswakte Bejaardes. Ons is geleë in Jasmynlaan 513, Silverton. Huis Silversig bied versorging vir 155 verswakte bejaardes. Daar is ook voorsiening vir persone met Demensie in ‘n geslote eenheid. Hierdie eenheid is geleë op die grondvloer en loop deur skuifdeure op die tuin uit.

Die volgende dienste word aangebied

24 uur verplegingversorging

Skoonmaakdienste

Wassery dienste

Drie etes per dag, sowel as twee tee sessies. Voorsiening word gemaak vir spesiale diëte soos deur u geneesheer voorgeskryf.

Aktiwiteite

Sekuriteitsdienste

Fasiliteite

  • Die tehuis beskik oor dubbelkamers, vierbedkamers en ‘n beperkte aantal enkelkamers.
  • Daar is ‘n groot eetsaal en ook kleiner eetsale in elke verswakte saal.
  • Hospitale warvan die Tehuis gebruik maak, is Steve Biko, Tshwane en Mamelodi.
  • Die Tehuis is naby aan ‘n aantal privaathospitale.
  • ‘n Privaatdokter besoek die pasiënte in die hospitaal.
  • Die Tehuis maak gebruik van blisterverpakkking vir medikasie.
  • Vervoer na dokters en hospitale.
  • 24 uur verplegingversorging.
  • Skoonmaakdienste.
  • Wassery dienste.
  • Drie etes per dag, sowel as twee tee sessies.
  • Aktiwiteite.
  • Sekuriteitsdienste.

Vrae en Antwoorde

Het u enige ander vrae? Stuur vir ons 'n boodskap en ons sal ons beste doen om u te help.

Die maandelikse tarief is soos volg:
  • Enkelkamer: R 8 800.
  • Dubbelkamer: R 7 800.
  • Daar is ‘n beperkte aantal gesubsidieerde beddens beskikbaar.
  • Daar is ‘n eenmalige fooi van R 2 000 beskikbaar.
  • Indien ‘n persoon doeke dra beloop die bedrag R 2500.
    1. U kan die vorms op hierdie webwerf aflaai en voltooi.
    2. U kan die kantoor enige tyd kontak met navrae.
    3. Wanneer al die vorms voltooi is, kontak u die kantoor.
    4. Daar is ‘n assessering wat dan met die voornemende inwoner en familie gehou word saam met die Bestuurder, Matrone, Maatskaplike Werker en Finansiele beampte.
    5. Indien die persoon gehospitaliseer is, sal die assesseringspan die voornemende inwoner in die hospital besoek.
    6. Indien die persoon uitstedig is, word ‘n maatskaplike werkers-verslag verlang.
    7. Daarna kan die persoon opgeneem word.

    Kontak Ons