SAVF Huis Silversig het op 27 Maart 2020 in totale inperking gegaan. Dit beteken dat geen besoekers ontvang mag word nie en alle personeel beskermde klere (PPE) moes dra.
Alle personeel is oorspronklik negatief getoets deur die Departement van Gesondheid vir COVID-19.
Streng protokol is opgestel deur die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling en Gesondheid, sowel as die SAVF Bestuur.
Alle besluite en verslapping van COVID-19 maatreëls moet eers deur hierdie Partye, soos in die Gazette aangekondig goedgekeur word.
COVID-19 stel talle eise aan ons Tehuis, maar ons eerste prioriteit is die veiligheid en gesondheid van ons lieflike inwoners. Die volgende maatreëls is ingestel om almal te beskerm:
Sekuriteitsdienste is opgelei en verantwoordelik vir toegangsbeheer. Hulle het temperatuurmeters en alle besoekers se besonderhede word op rekord gestel op voorgeskrewe vorms, soos deur die Departement bepaal.
Inwoners ontvang spesiale aandag – veral emosioneel – van die maatskaplike werker sodat hulle deurgaans ingelig en veilig kan voel.